Tuesday, 20 October 2009

Huisgenotjies


DOWE DOMINEE
Dominee aan diaken by die kerk: ‘‘Broer, ons koop elke maand 12 bottels wyn vir die Nagmaal. Ons gebruik net ses bottels. Waar is die ander?’’
Diaken: ‘‘Dominee, as jy hier staan waar ek staan, kan jy niks hoor nie!’’
Dominee: ‘‘Ek is ernstig, Broer. Waar is die ander ses bottels wyn?’’
Diaken: ‘‘Ek is ook ernstig, Dominee. Kom staan hier waar ek staan, dan hoor jy dat jy niks kan hoor hier waar ek staan nie.’’
Die dominee gaan staan toe waar die diaken gestaan het en die diaken vra hom: ‘‘Dominee, wat maak jou kar tweeuur in die oggend by suster Sara se huis?’’
Dominee: ‘‘Haai werklik, broer, as jy hier staan, kan jy nie ’n woord hoor nie!’’
PATRICIA WESSELS, KUILSRIVIER

SMAAK VERSKIL
Jong getroude man: ‘‘Skat, ek is nou jammer om dit te sê, maar hierdie poeding smaak darem regtig nie lekker nie.’’
Sy vroutjie: ‘‘Ag nee wat, dis seker maar jou verbeelding. Die kookboek sê dit smaak heerlik.’’
THEO AGENBAG, E-POS

SOET MEDISYNE
Jannie: ‘‘As ek stout was, moet ek sonder kos gaan slaap.’’
Pietie: ‘‘Dit kan gelukkig nie met my gebeur nie. Ek het medisyne wat ek ná elke ete moet drink.’’
ANNEKE AGENBAG, E-POS

SWART ROK
‘‘Hoekom neem jy dan ’n swart rok saam see toe?’’
‘‘Ag, jy sien, my ou man kan nie so goed swem nie.’’
ANNEKE AGENBAG, E-POS

KRATER GEMAAK
V: Hoekom het almal vir die man in die maan gestaan en lag?
A: Want hy het sy naam lekker krater gemaak!
E. LOUW, HERMANUS

Lees nog baie grappies in Huisgenoot van 29 Oktober.