
BLITSIGE GEDAGTE
Vier ou cowboys praat oor wat hulle dink die vinnigste ding op aarde is.
Eerste cowboy: ‘‘Ek dink dis ’n gedagte. Want as jy jou vinger met ’n naald prik of in ’n kersvlam brand, voel jy die pyn onmiddellik omdat die boodskap so vinnig na jou brein gestuur is.’’
Tweede cowboy: ‘‘Wel, ek dink dis lig, want sodra jy daardie skakelaar aansit, verander dit oombliklik van pikdonker na lig.’’
Derde cowboy: ‘‘Ek dink dis ’n oogknip. Wanneer jy jou oog knip en dit weer oopmaak, sien jy dadelik weer alles. Niks het verander nie.’’
Vierde cowboy: ‘‘Ek dink dis Mexikaanse diarree.’’
Ander drie gelyktydig: ‘‘Diarree? Hoe so?’’
Vierde cowboy: ‘‘Wel, ek het gisteraand oor die grens gery en ’n bottel tuisgemaakte tequila in ’n Mexikaanse kroeg gedrink. Op pad terug het ek by Lupe se kafee gestop en twee groot porsies boontjies met rissies geëet – boontjies wat eergister al gekook is, maar weer opgewarm is. Daarby het ek sommer ’n hand vol jalapeño-rissies geëet. Toe sluk ek alles met ’n paar Mexikaanse biere af.’’
Eerste cowboy: “Nou wat het dit met die spoed van diarree te doen?’’
Vierde cowboy: ‘‘Wel, later die aand was ek in die bed. Toe voel ek hierdie brandpyn en hoor die gerommel in my maag. En voor ek kon dink, voor ek my oë kon knip of die lig kon aanskakel . . . ’’
GEEN SEEP
Die jong vrou kuier een aand in die kroeg. Sy gaan kleedkamer toe en toe sy terugkom, stap sy na die kroegman. Sy vat aan sy gesig, speel met sy hare en vee oor sy skouer.
Toe vryf sy liggies oor sy baard, sit haar vinger in sy mond en vra: ‘‘Kan ek die bestuurder spreek, asseblief?’’
‘‘Jammer, hy is nie hier nie, maar ek kan vir hom ’n boodskap gee,’’ sê die kroegman terwyl hy aan haar vinger suig.
‘‘Ja, dankie, sê vir hom daar is nie handseep, toiletpapier of afdroogpapier in die kleedkamer nie.’’
MARALIZE MEYER, E-POS
Nog lekker grappies in Huisgenoot van 3 September.