
SLEGS DASSE
Koos kry ’n uitnodiging na ’n onthaal wat lui: ‘‘Black tie only.’’ Hy was baie verbaas toe hy daar aankom en sien dat al die ander genooide gaste ook hemde en pakke dra!
HY SAL MY MIS
Twee jong vroue drink koffie toe hulle agterkom dat ’n kollega taamlik beswaard lyk. ‘‘Pla iets jou? Jy lyk so angstig,’’ sê hulle vir haar.
‘‘Wel,’’ antwoord sy, ‘‘my kêrel het al sy geld – alles wat hy sy lewe lank gespaar het – op die aandelebeurs verloor.’’
‘‘O, dis erg,’’ sê een simpatiek. ‘‘Jy voel seker baie jammer vir hom?’’
‘‘Ja, jy’s reg,’’ antwoord sy. ‘‘Hy sal my mis!’’
GOEIE BEMARKING
’n Vrou stap by die poskantoor in en sien daar staan ’n middeljarige, welgeklede man by die toonbank. Hy plak hartjies op pienk koeverte, en voor hy elke koevert toeplak, spuit hy eers ’n bietjie parfuum daarin.
Baie nuuskierig staan sy nader en vra hom wat hy doen.
‘‘Ek pos 1 000 Valentynskaartjies wat ek met ‘Raai wie?’ onderteken het,’’ sê hy.
‘‘Maar waarom?’’ vra sy verbaas.
‘‘Omdat ek ’n prokureur is wat in egskeidings spesialiseer.’’
VAKANSIEDAG
Man: “Vandag is ’n openbare vakansiedag. Ek wil dit regtig geniet. Daarom het ek drie fliekkaartjies gekoop.”
Vrou: “Hoekom drie?”
Man: “Vir jou en jou ouers!”
KLAAR GETEKEN
Die blondine verloor haar tjekboek. Die dag daarna gaan sy bank toe om die bestuurder in kennis te stel.
Bestuurder: ‘‘Jy moet versigtig wees. Enigiemand wat jou tjekboek optel, kan jou tjeks teken. Ons stelsel is op die oomblik af; so, ek kan hulle nie dadelik stop nie. Jy moet maar elke dag die bank kontak.”
Blondine: ‘‘Moenie bekommerd wees nie. Ek het klaar al die tjeks geteken. Niemand anders kan hulle nou teken nie!”
OPVOEDING
Die man merk dat sy vriend beswaard is en vra wat fout is.
‘‘Ag, dis my meisie,’’ sê die vriend.
‘‘Regtig? Wat is dan die probleem?’’
‘‘Toe ek haar vra of sy sou kon leer om my lief te hê, het sy gevra hoeveel geld ek bereid is om op haar opvoeding te bestee!’’
Lees nog grappies in Huisgenoot van 20 Augustus.