
’n Bonus is ’n wonderlike ding, maar jy kan dit beter vir jou laat werk as om alles op een slag te blaas.
Vanjaar was nie maklik vir verbruikers nie en skuld was ’n onaangename besoeker by baie mense. Jou bonus kan eerstens jou skuldlas laat krimp. Dit klink vervelig, maar dit sal jou help om die nuwe jaar finansieel op vryer voet in te gaan.
Maak ’n opsomming van al jou skuld. Delg eers dié wat die hoogste rente dra, soos klererekeninge by winkels, dan jou kredietkaartskuld en oortrokke rekeninge. Jy kan selfs een stappie verder gaan en die rekeninge sluit wat afbetaal is, en so keer dat jy weer in dieselfde skuld-slaggate trap.
As daar geld oorbly, kyk na die dinge wat jy en jou gesin werklik nodig het, pleks van die dinge wat julle graag wil hê. Prakties gesproke beteken dit jy moet eerder jou swembadpomp laat diens as om ’n indrukwekkende gasbraaier te gaan koop.
Oorweeg dit ook om van die geld te belê, al is dit ’n klein bedrag. Die finansiële markte is onstuimig, maar dit beteken nie jy moet jou geld onder ’n matras sit nie.
As jy jou geld op ’n meer praktiese manier wil belê – en dit beteken nie in jou maag of klerekas nie – kan jy ’n ekstra afbetaling op jou huisverband doen. Dit is ’n waardevolle belegging – rente word daagliks bereken en elke bietjie help om dit te verminder.
Wen ’n dagboek
Beplan jou geldsake vir 2009 met die Financial Freedom Abundance Diary. Dis propvol praktiese raad en selfhelp-wenke en het ’n stap-vir-stap-gids oor hoe om meer welvarend te wees. Die draadrug-boek is ontwerp om mense te help met die bestuur van hul geldsake, en daar word elke maand op ’n ander geldkwessies gefokus, soos besparing, hoe om van jou skuldlas ontslae te raak en jou verhouding met geld. Die 2009 Financial Freedom Abundance Diary kos R145 (A5) en R85 (A6) en is by boekwinkels verkrygbaar, of besoek www.financial-freedom.co.za. Ons het twintig eksemplare om weg te gee. SMS die woord GELDSAKE, jou naam, van en adres voor 20 November na 34922. SMS’e kos R2 elk.
Gesels met ons – klik hier. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.