Thursday, 23 October 2008

Resep van die week: Panna cotta met somervrugte


Geniet die heerlike sonskyn van lang somerdae, dek die tafel buite, slaan die sonsambrele op, sit die wyn op ys en peusel proe-proe aan heerlike somerkos.

Panna cotta met somervrugte

Panna cotta beteken letterlik ‘‘gekookte room’’. DiĆ© romerige Italiaanse poeding is heerlik op ’n warm dag. Berei dit minstens ses uur voor etenstyd.

30 ml gelatien; 60 ml water; 500 ml room; 175 ml strooisuiker; 500 ml Bulgaarse jogurt; 1 vanieljepeul, oopgesny; 500 g vars somerbessies of vrugte van jou keuse; mentblare

Sprinkel die gelatien oor koue water en laat staan tot gespons. Verhit tot net gesmelt; moenie laat kook nie. Meng intussen die room, strooisuiker, Bulgaarse jogurt en vanieljepeul in ’n glasbak oor ’n kastrol warm water en roer tot die suiker opgelos is. Haal die vanieljepeul uit die roommengsel en meng die gelatien by. Giet die mengsel in glase of klein bakkies. Plaas vir minstens 6 uur in die yskas en sit voor met vars bessies of vrugte en kruisementblare.

- Huisgenoot van 30 Oktober het nog resepte vir lieflike, ligte somerkos

Gesels met ons – klik hier. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.

Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.