Thursday, 23 October 2008

Loop lig vir kaart-rente


Kredietkaarte is gerieflik – jy hoef nie kontant rond te dra nie en dit word byna orals aanvaar. Boonop is Suid-Afrikaners voor die inwerkingstelling van die Nasionale Kredietwet in Junie verlede jaar behoorlik toegegooi onder kredietkaartaanbiedings, en deesdae spog byna elke Jan Rap en sy maat met dié gerief.

Dis ongelukkig ook ’n gerief wat jou ondergang kan beteken as jy dit nie reg bestuur nie. Dis maklik om te vergeet dat jy eintlik met elke transaksie kontant bestee, en mense is dikwels geskok oor hul skuld aan die einde van ’n maand. Daarby is die rentekoerse op kredietkaarte aansienlik hoër as dié op ’n oortrokke gerief op jou basiese lopende rekeninge. Dit is dus belangrik om gedissiplineerd te wees met kredietkaartaankope.

Dit klink heel aantreklik dat jou skuld vir ’n sekere aantal dae rentevry is op jou kredietrekening, maar min mense weet presies hoe dit werk. Die meeste kredietkaarte bied 55 of 57 dae rentevry, maar daar is ook dié wat net 40 tot 44 bied.

Die rentevrye tydperk begin nie wanneer jy iets koop nie, maar volgens die siklus wat met die datum van jou rekeningstaat begin. As jy byvoorbeeld 57 rentevrye dae het, jou staat word op 4 Oktober gedateer en jy koop skoene op daardie dag, sal jy eers 57 dae later rente begin betaal. Maar koop jy die skoene op 20 Oktober, sal jy net 41 rentevrye dae hê.

Hou ook in gedagte dat net as jy die volle uitstaande bedrag voor of op die datum betaal wat jou maandelikse staat aantoon, daar geen rente op die aankope gehef sal word nie. Betaal jy egter nie teen die sperdatum nie, sal rente-aksie gehef word vanaf die dag van die aankoop – nie van die eerste dag ná die 57 dae rentevrye tyd nie!

- Lees in Huisgenoot van 30 Oktober alles oor die koste aangaande jou kredietkaart.

Gesels met ons – klik hier. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.

Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.