
SPESIALE AANBOD
Die aantreklike blondine versoek die tatoekunstenaar om ’n kat op haar knie te tatoeëer.
‘‘Seker,’’ antwoord die manlike tatoeëerder, ‘‘maar ek wil u net van ons spesiale aanbod vertel.’’
‘‘Wat is dit?’’ wil die blondine weet.
‘‘Ons bied hierdie week 50 persent afslag op ’n kameelperd.’’
L.M. NOETH, EDENGLEN
NES MY VROU
Die brunet gaan saam met haar man na die winkelsentrum en omdat sy hom wil verras, koop sy vir haar ’n blonde pruik.
Sy kom by die winkel uit, gaan staan voor haar man en sê met ’n skalkse glimlag: ‘‘Dink jy daar sal vir my ’n plekkie in jou lewe wees?’’
Waarop haar man antwoord: “Nee, liewer nie. Jy lyk te veel soos my vrou.’’
L.M. NOETH, EDENGLEN
WAAR IS EK?
Die motorbestuurder herwin sy bewussyn. Terwyl alles om hom draai, vra hy benoud: ‘‘Waar is ek? Waar is ek?’’
’n Vroulike stem antwoord: ‘‘U is in nommer 15.’’
‘‘O,’’ sê die motorbestuurder, ‘‘kamer of sel?’’
L.M. NOETH, EDENGLEN
HY IS ’N HOND
Vrou: ‘‘Dokter, dokter! My man dink hy is ’n hond! Saans spring hy op en af op die bank as ek vir hom sy kos gee.’’
Dokter: ‘‘Hy is seker bly dat jy vir hom sulke lekker kos gee?’’
Vrou: ‘‘Ja, seker, maar sy geblaf hou my snags wakker en ek is al moeg om sy bollie op die gras op te tel!’’
C.M. MOUTON, ODENDAALSRUS