Friday, 10 April 2009

Huisgenotjies


KINDERWYSHEDE
V: Wat doen die meeste mense as hulle uitgaan?
A: As mense die eerste keer uitgaan, vertel hulle vir mekaar ’n klomp leuens wat hulle genoeg interesseer om weer uit te gaan (Martin, 10).
V: Wat sal jy doen as jou eerste afspraak skeefloop?
A: Ek sal huis toe hardloop en maak of ek dood is. Die volgende dag sal ek al die koerante bel om seker te maak dat hulle oor my skryf in die doodsberigte (Craig, 9).
V: Wanneer kan jy iemand soen?
A: As hulle ryk is (Pam, 7). Die wet sê jy moet agttien wees en ek gaan nie daarmee stry nie (Curt, 7). Die reël sê as jy iemand soen, moet jy met haar trou en kinders hê. Dis die regte ding om te doen (Howard, 8).
V. Is dit beter om te trou, of moet ’n mens alleen bly?
A: Alleen is beter vir meisies, maar seuns het iemand nodig om agter hulle aan te loop en skoon te maak (Anita, 9).
V: Hoe kan ’n huwelik werk?
A: Vertel vir jou vrou dat sy mooi lyk, al lyk sy soos ’n lorrie (Kelvin, 8).
LINDA VAN HEERDEN, E-POS

ALLEEN GESTRAF
Kosie: “Pa, die onderwyser het my gestraf omdat ek al een is wat sy vraag kon beantwoord.”
Kosie se pa: “Hoe so? Wat was die vraag?”
Kosie: “Wie van julle het nie jul huiswerk gedoen nie?”
JAN RAP SE MAAT, BLOEMFONTEIN

SKOK VIR ELVIS
V: Wat het Elvis Presley gesê toe die mikrofoon hom skok?
A: ‘‘I’m all shook up!’’
JAN RAP SE MAAT, BLOEMFONTEIN

SALF GESMEER
Man: “Die vleis smaak snaaks.”
Blonde vrou: “Maar ek het dan baie salf aangesmeer nadat dit gebrand het.”
JAN RAP SE MAAT, BLOEMFONTEIN

SOOS BLOED
V: Wat sing die vampier vir sy vrou?
A: Theuns Jordaan se Soos Bloed, So Is Jy vir My.
JAN RAP SE MAAT, BLOEMFONTEIN

SIT DOODSTIL
Koos en Piet gaan vir die eerste keer kerk toe.
Koos: “Dis regtig ’n wonderlike plek dié.”
Piet: “Hoe so?”
Koos: “Kyk net al die vroue wat hier sit en nie een praat ’n woord nie!’’
JAN RAP SE MAAT, BLOEMFONTEIN

GEROOKTE VARK
V: Hoekom gee die blonde boer sigarette vir sy varke?
A: Hy wil gerookte ham hê.
JAN RAP SE MAAT, BLOEMFONTEIN

LAASTE WOORDE
V: Wat was die Mafiabaas se laaste woorde?
A: Wie de hel het ’n viool in my viooltas gesit?

Lees nog grappies in Huisgenoot van 16 April.