
SKIET HOM
V: Wat het die Ier gedoen met die muskiet wat by sy oor ingevlieg het?
A: Hy het hom geskiet . . .
MELINDA BESTER, E-POS
GEE PAD!
V: As jy naby ’n spookhuis is en die klok slaan middernag, watter tyd is dit?
A: Tyd om vinnig pad te gee!
MELINDA BESTER, E-POS
HAMLET
V: Wat het Hamlet sy seuntjie genoem?
A: Piglet.
MELINDA BESTER, E-POS
KORT MONSTER
V: Wat kry jy as jy ’n vampier en ’n kabouter kruis?
A: ’n Monster wat bloed uit jou knieë suig.
LAPPIES, KRUGERSDORP
BAIE PLAT
V: Wat is baie plat en lê op die rivier se wal?
A: ’n Krokodil wat by ’n seekoei se meisie aangelê het.
JANETTE D, ROODEPOORT
GOUE HORLOSIE
Jannie vertel vir sy juffrou dat sy pa ’n goue horlosie vir 25 jaar diens by sy werk gekry het.
Juffrou: “En hoe oud is jou pa?’’
Jannie: “Hy was verlede Sondag 37 jaar oud.’’
Juffrou: “Hoe op aarde kan hy dan al 25 jaar lank werk?’’
Jannie: “Dis al die oortyd, juffrou!’’
A.J. VAN TONDER, LANGENHOVENPARK
VERKIES DIE DOOD
Twee tantes stap straataf. Skielik kom ’n hoenderhen met ’n vaart by hulle verbygehardloop. En kort op haar hakke is die haan wat haar jaag.
Die hen hardloop oor die straat – reg voor ’n motor in wat haar doodry.
“Foeitog!’’ sê die een tante vir haar maat. “Sy het eerder die dood verkies as dit wat die haan in gedagte gehad het.’’
C.E. LOURENS, PETRUS STEYN
WARE BETEKENIS
Wat mans eintlik bedoel wanneer hulle sê:
Ag, jy weet hoe sleg my geheue is – Ek onthou my eerste volmaakte gelukhou, eerste motor, eerste keer toe ek dronk geraak het, maar nie jou verjaardag of ons troudag nie.
Moet ek solank die tafel dek? – Wanneer is die kos klaar? Ek is honger!
K.R. LEONIE, GRAAFF-REINET
Daar is nog grappies in Huisgenoot van 21 Mei.