
HOU OP PRAAT
Mick en Paddy, die twee Ierse matrose, sit reguit af na die naaste kroeg toe hul skip vasmeer.
Elkeen bestel twee Ierse whiskeys en sluk dit dadelik weg. Nog twee doppe volg wat ewe vinnig afgesluk word, en toe bestel hulle ’n derde ronde.
Toe Paddy syne optel, sê hy : ‘‘Cheers!’’
Waarop Mick kom kwaai aankyk en sê: ‘‘Haai, het jy gekom om kaf te praat of om te drink?’’
NES PA
Pa aan sy tienerdogter: ‘‘Nou wat wil jy hê moet ek van jou string kêrels dink? Die een is soos die ander: ambisieloos, verwaand, vol van hulleself!’’
‘‘Dis dalk waar,’’ antwoord sy, ‘‘maar onthou, hulle sê ’n meisie soek gewoonlik ’n man wat baie soos haar pa is.’’
CALLIE ELOFF , KOEDOESKOP
GRATIS HAARSNY
Eendag gaan ’n bloemis na ’n haarkapper vir ’n haarsny. Toe die bloemis vir die haarsny wil betaal, sê die haarkapper: ‘‘Ek kan dit nie aanvaar nie. Ek doen hierdie week gemeenskapsdiens.’’ Die bloemis was baie in haar noppies. Toe die haarkapper die volgende oggend die winkel oopsluit, lê daar ’n dankiesê-kaartjie en twaalf rose.
Later die dag laat ’n polisieman sy hare sny, maar toe hy wil betaal, sê die haarkapper: ‘‘Ek kan dit nie aanvaar nie. Ek doen dié week gemeenskapsdiens.’’ Toe die haarkapper die volgende dag by sy winkel kom, lê daar ’n dankiesê-kaartjie en twaalf koekies.
Die volgende dag laat ’n professor sy hare sny. Toe hy wil betaal, sê die haarkapper: ‘‘Ek kan dit nie aanvaar nie. Ek doen hierdie week gemeenskapsdiens.’’
Die volgende oggend lê daar weer ’n dankiesê-kaartjie en twaalf verskillende boeke oor hoe om van jou onderneming ’n sukses te maak.
Net daarna kom ’n parlementslid in vir ’n haarsny. Toe hy wil betaal, sê die haarkapper: ‘‘Ek kan dit nie aanvaar nie. Ek doen vandeesweek gemeenskapsdiens.’’
Baie in sy skik verlaat die parlementslid die salon. Die volgende oggend toe die haarkapper by die winkel kom, wag daar twintig parlementslede vir ’n gratis haarsny.
DESERISÉ COCKLIN, BUFFELSFONTEIN
Nog baie grappies in Huisgenoot van 7 Mei.