Friday, 01 May 2009

Hoenderkerrie met rys en gekapte tamatie-en-uieslaai


Bereiding: 7-10 min; Gaarmaaktyd: 20 min

Bestanddele: 30 ml (2 e) olie; 1 groot ui, gekap; 2 knoffel-huisies, fyngedruk; 1 blik (400 g) Indiese tamaties of gewone heel tamaties, gekap; 60 ml (¼ k) tamatiepuree; 30-45 ml (2-3 e) geroosterde masala (van Pakco); 1 heel gaar hoender, ontbeen en die vleis in stukke gesny; 250-500 ml (2 k) gemengde groente (opsioneel); 125-250 ml (½-1 k) natuurlike jogurt; 60 ml (¼ k) klappermelk; 60 ml (¼ k) gekapte vars koljanderblare; 15 ml (1 e) suiker.

Metode: Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui en knoffel daarin tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die tamaties en die tamatiepuree by, asook die masala-poeier. Roer deur en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte tot medium en laat 5 minute prut tot geurig. Voeg die vleisstukkies en die groente, indien gebruik, by en laat verder prut vir 10 minute. Roer die jogurt, klappermelk, koljanderblare en suiker by en laat prut nog 10 minute tot warm en geurig. Sit voor met rys en gekapte tamatie-en-uie-slaai.

Tamatie-en-uieslaai: Sny 1 Roma-tamatie en 1 kleinerige ui in blokkies, voeg 15 ml
(1 e) gekapte koljanderblare, 15 ml (1 e) asyn en 5 ml (1 t) suiker by. Meng deur.

Kry nog lekker maklike resepte vir Moedersdag in Huisgenoot van 7 Mei.