
Hans is ’n knap messelaar, maar nie baie slim nie. Op ’n dag vra die voorman hom of hy familielede het.
Ja, sê Hans, hy het ’n broer wat die voorsitter van die direksie van ’n groot maatskappy in Sandton is.
Voorman: ‘‘Ai, die lewe is soms ook maar onregverdig. Die een kry alles en die ander een niks.’’
Hans: ‘‘Aag wat, dit pla hom nie. Hy aanvaar hy sal nooit met ’n troffel kan werk nie.’’
STEPHANIE BURGER, MALMESBURY
GRATIS RIT
Die lewe op aarde is duur, maar ten minste kry jy elke jaar ’n gratis rit om die son.
RENITA VILJOEN, E-POS
MINDER DRANK
V: Moet ek my alkoholinname verminder?
A: Nee, geensins. Wyn word van vrugte gemaak. Brandewyn is gedistilleerde wyn, wat beteken dat hulle die water uit die vrugtige deel verwyder sodat daar soveel meer van die voedingswaarde oorbly. Bier word ook van graan gemaak.
NAELLAK
V: Hoe weet ’n man watter vrou om eendag mee te trou?
A: As die naellak op haar naels in ’n slegte toestand is, want dan het haar hande gereelde blootstelling aan skottelgoedwater.
MARCO BOTHA, UITENHAGE
GEE HULLE SAAD
Die blondine se kêrel werk by ’n tronk en hy is baie ontsteld oor die haglike omstandighede waarin die gevangenes moet leef.
Man: “Dit is regtig hartseer om te sien dat die regering nie die tronkvoëls van hul daaglikse benodigdhede kan voorsien nie. Wens ek kon iets aan die saak doen.’’
Blondine: ‘‘Toe maar, skat. Ek kan hulle van my papegaai se saad gee!’’
MARCO BOTHA, UITENHAGE
STAALWOL
V: Hoekom koop Mike Schutte so baie staalwol?
A: Hy wil vir hom ’n kar brei.
MARK LE ROUX, PRETORIA