Tuesday, 24 March 2009

HUISGENOTJIES


BEVELE
Sannie: ‘‘Hoekom dink jy soldate is goeie mans?’’
Marie: ‘‘Wel, hulle kan beddens opmaak, kook en, die beste van als, hulle voer opdragte en bevele uit!’’
MARIANNE DE BRUIN, OOS-LONDEN

VERKEERDE SUSTER
Koos: ‘‘As ek doodgaan, sal jy weer trou?’’
Vrou: “Nee! Ek sal by my suster gaan bly. Maar as ek doodgaan, sal jy weer trou?’’
Koos: “Nee, ek sal ook by jou suster gaan bly.’’
KARIN LAMPRECHT, E-POS

PERFEKTE GIF
Die blondine stap by die veearts in.
‘‘Het julle enige gif vir ’n molprobleem?’’ vra sy.
“Natuurlik, Mevrou, ek het die perfekte ding,’’ sê die veearts en gee haar ’n bottel met vloeistof.
‘‘Hoe gebruik ’n mens dit?’’ vra sy.
‘‘Dis baie eenvoudig,’’ antwoord die veearts. ‘‘Jy sit dit net in die mol se gat, en siedaar, jou probleem is opgelos!’’
Die blondine lyk ontsettend verward. Ná ’n lang stilte vra sy: ‘‘Goed so, maar hoe kry ek die mol om stil te staan?’’
KARIN LAMPRECHT, E-POS

EK SAL BLAF
Sara (24), wat van die platteland af kom, kla oor hoe eensaam en alleen dit in die groot stad voel. Sy sê sy oorweeg dit om ’n hondjie te kry. Dan sal daar darem iemand wees wat bly is om haar te sien as sy in die middag van die werk af kom.
Haar woonstelmaat is egter nie hiervoor te vinde nie. ‘‘Gee my R100,’’ stel sy voor, ‘‘dan blaf ek vir jou in die middae.’’
J.E. PRINSLOO, POTGIETERSRUS

Kikker jou dag op met nog grappies in 2 April se huisgenoot