
GEEN TOEKOMS
Gert: “Het jy toe die betrekking aanvaar?’’
Piet: “Nee wat. Daar is g’n toekoms vir my nie.’’
Gert: “Hoe kan jy so sê? Dis ’n baie groot maatskappy.’’
Piet: “Ja, maar die baas se dogter is klaar getroud.’’
DANELLE OOSTHUIZEN, E-POS
ENIGSTE OEFENING
Dokter: “Jan, daar is twee dinge wat jy moet doen om jou gesondheid te verbeter. Jy moet ophou rook en begin oefen.’’
Jan: “Maar Dok, ál oefening wat ek kry, is om na die kafee toe te hardloop vir sigarette!’’
DANELLE OOSTHUIZEN, E-POS
SY’S DIE NEK
’n Man kla by die dominee dat sy vrou die broek dra. Sy regeer hom vreeslik! ‘‘Dominee moet tog met haar gaan praat,’’ soebat hy.
Die dominee maak toe so en verduidelik mooi aan die vrou dat die man die hoof van die huis is. Toe hy klaar is, sê sy: ‘‘Ja, Dominee, hy is die hoof. Maar ek is die nek. En die nek sal daai hoof draai net waar sy hom wil hê!’’
JP, KAAPSTAD
GEEN PYN
V: Wat noem jy ’n aërobiese instrukteur wat nie pyn, angs en seer spiere veroorsaak nie?
A: Werkloos.
HESTER, NAMIBIË
MAKLIK
Piet: “Hoe kom jy en jou vrou so goed oor die weg?’’
Koos: “Ag, dis maklik. Ek hou altyd my beursie oop en my mond toe.’’
DANELLE OOSTHUIZEN, E-POS
SOOS RUGBY
V: Hoekom is die huwelik soos ’n rugbywedstryd?
A: Daar vind gereeld botsings plaas, maar dit bly die moeite werd.
M. BOTHA, UITENHAGE
Daar is nog baie grappies in Huisgenoot van 6 Augustus.