
Maak sowat 12 blokkies
Bereiding: 15 min
Gaarmaaktyd: 25 min
125 ml botter
300 ml strooisuiker
2 eiers
5 ml vanieljegeursel
10 ml toffielikeur of Amarula
200 g donker sjokolade, gesmelt
270 ml meel
5 ml bakpoeier
30 ml kakao
300 g Brasiliaanse neute, grof gekap
versiersuiker
roomys
Voorverhit die oond tot 180 ÂșC en voer ’n koekpan van 20 cm uit met bakpapier. Verroom die botter en suiker sowat 10 minute met ’n elektriese klitser en klits die eiers een op ’n slag by die mengsel. Roer die vanieljegeursel, likeur en sjokolade by. Sif die meel, bakpoeier en kakao en vou dit by die eiermengsel in, gevolg deur die neute. Giet die mengsel in die koekpan en bak 25 minute. Laat goed afkoel, sny in blokkies, versier met versiersuiker en sit voor met roomys.
Daar is nog heerlike Kersfees-resepte in Huisgenoot van 25 Desember.