Friday, 19 December 2008

Huisgenotjies


Gevaarlike taal
Die Japannese eet baie min vet en kry minder hartaanvalle as die Amerikaners.
Die Mexikane eet ’n klomp vet en kry minder hartaanvalle as die Amerikaners.
Die Chinese drink baie min rooiwyn en kry minder hartaanvalle as die Amerikaners.
Die Italianers drink baie rooiwyn en kry minder hartaanvalle as die Amerikaners.
Die Duitsers drink baie bier en eet baie wors en vet en kry minder hartaanvalle as die Amerikaners.
Gevolgtrekking: Eet en drink wat jy wil. Dis Engels praat wat jou doodmaak.
HESTER, NAMIBIË

BEWUSTELOOS
Die man kom by die huis en kry sy blonde vrou bewusteloos voor die televisie.
Ná ’n groot gesukkel kry hy haar uiteindelik by. ‘‘Wat het gebeur?’’ vra hy.
‘‘Ek was besig om aërobiese oefeninge voor die TV te doen. Die instrukteur het gesê: ‘Asem in, asem uit . . .’ en toe gaan die krag af.’’
K. DU PREEZ, MALVERN

BAIE GRAS
Die ryk blondine sien ’n boemelaar op die supermark se parkeerterrein. Hy staan op sy knieë en eet gras.
‘‘Is jy honger?’’ vra sy baie ontsteld.
Hy knik.
‘‘Kom saam huis toe,’’ sê sy.
‘‘Ek kan nie,’’ antwoord hy. ‘‘My hele familie is ook hier.’’
‘‘Bring hulle almal saam. By my huis staan die gras net so hoog.’’
K. DU PREEZ, MALVERN

WIE WAS DIT?
Haar kleinkinders slaap die aand by haar en nadat die ouma hulle almal in die bed gesit het, trek sy vir haar ’n ou sweetpakbroek en ’n groot, verbleikte bloes aan en was haar hare.
Maar sy hoor hoe die kleinkinders ál meer lawaai maak. Haar geduld raak op, sy draai ’n handdoek om haar kop en storm die gang af tot by hul kamer.
Sy pluk die deur oop en lees hulle goed die leviete voor.
Toe sy omdraai en uitstap, hoor sy die driejarige seuntjie met ’n baie dun stemmetjie vir sy ouer boetie vra: ‘‘Wie was daai?’’