
Heerlik saam met ’n glasie sjerrie of port ná ete.
175 g semelbeskuitjies, gekrummel
50 g rosyntjies, gekap
50 g geroosterde haselneute, gekap
50 g gemaalde amandels
75 g swartbessiekonfyt
1 lemoen se gerasperde skil
rum of brandewyn
150 g donkersjokolade, gesmelt
marsepein, liggies uitgerol
versiersuiker vir afronding
Meng die beskuitjiekrummels, rosyntjies, neute, konfyt en skil in ’n bak en voeg net genoeg rum of brandewyn by om ’n taamlik stywe mengsel te maak.
Rol in bolletjies so groot soos okkerneute. Bedek elke bolletjie met gesmelte sjokolade, laat hard word en vou dan marsepein om elke bolletjie. Sif versiersuiker oor.
Maak 25 truffels
Bereidingstyd 45 min
Daar is nog heerlike Kersfees-resepte in Huisgenoot van 18 Desember.