
MAN MAGTELOOS TEEN KINDERS
Ek is twee jaar gelede getroud, maar ek en my man was net agt maande bymekaar toe sy kinders die huis binnestap, die meubels vat en my man belet om enigiets met my te doen te hê. Hy moet by hulle bly en die kleinkinders rondry. Hulle skree op hom en behandel hom soos ’n kind. Toe hulle agterkom hy het steeds met my kontak, het hulle sy selfoon vir ’n week afgeneem.
Ek is nog getroud en getrou aan my man. Ek wil net weet wat ons te doen staan. Watter wet sal my man aan my terugbesorg? Die kinders mishandel ons, maar my man wil nie iets teen hulle doen nie, want hy is bang vir konflik.
ALET
DR. ADRI ANTWOORD
In my dag des lewens het ek nog nie van so iets gehoor nie. Ek sal baie graag die ander kant van hierdie vreemde verhaal wil hoor – wat jou man se kinders vir hulself te sê het en waarom jou man toelaat dat hy so gemanipuleer word. Is daar dalk buitengewone omstandighede ter sprake waarvan jy my nie vertel nie?
Die wet wat bepaal dat jy en jou man bymekaar hoort, is geen obskure, vreemde bepaling nie – dit is die normale, doodgewone huwelikswet.Kry so gou moontlik regsadvies.
Gesels met ons – klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.