
SING! SING!
’n Beroemde dirigent het ’n baie netelige probleem gehad. Hy moes sy toekomstige vrou uit twee meisies kies.
Die een was ’n lieflike blondine. Die ander een was ’n sopraan; glad nie mooi nie, maar sy kon soos ’n nagtegaal sing.
Ná baie smartvolle oomblikke van dink en nogmaals dink, het sy liefde vir die uitvoerende kunste die oorhand gekry en trou hy met die sopraan.
Toe hy die eerste oggend ná sy troue wakker word, gee hy sy bruid een lang kyk. Toe, terwyl hy haar skud om haar wakker te kry, roep hy wanhopig uit: ‘‘Om hemelsnaam, sing! Sing!’’
H. EN S., CENTURION
GEEN VERHOGING
Kennisgewing by munisipale swembad: ‘‘Swem op eie risiko. Die lewensredder het nie sy jaarlikse salarisverhoging gekry nie.’’
JANETTA D., E-POS
HOU OP DRINK
Dokter: ‘‘Koos, daar is twee dinge wat jy moet doen om gesond te leef. Jy moet ophou drink en begin oefen.’’
Koos: ‘‘Dok, maar al oefening wat ek kry, is om na die drankwinkel toe te hardloop.’’
JOHAN SMIT, E-POS
PLAK HOM VAS
Die bekommerde ma se seuntjie sluk ’n magneet in. Sy jaag met
hom dokter toe, maar hý neem haar nie te ernstig op nie. ‘‘Hy sal reg wees – die magneet sal binne ’n dag of twee deur sy gestelletjie wees,’’ sê die dokter.
Maar sy hou aan karring: ‘‘Hoe sal ek weet die magneet is uit?’’ ‘
‘Wel,’’ antwoord die dokter sarkasties, ‘‘jy kan hom teen die yskas vasdruk. Sodra hy afval, weet jy die magneet is uit . . .’’
SLEGTE GEHEUE
Einstein kom by ’n apteek en sê: ‘‘Kan ek asseblief asetielsalisielsuur kry?’’
‘‘Bedoel u aspirien?’’ vra die apteker.
‘‘Ja, ditsem!’’ antwoord Einstein, ‘‘ek kan nooit die goed se naam onthou nie.’’
CATHY DE LANGE, E-POS
MANLIKE BLONDINE
Die blonde man besluit om self sy T-hemp te was. Sekondes later skree hy uit die waskamer vir sy vrou: ‘‘Waarop moet ek die wasmasjien stel?’’
‘‘Dit hang af,’’ antwoord sy vrou, ‘‘wat staan op jou hemp?’’
Waarop hy terugskree: ‘‘Billabong.’’
CATHY DE LANGE, E-POS